Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hy is bekommerd dat inflasieverwagtinge bo die sentrale bank se 3-persent-teiken gestyg het. In reaksie op olieskokke as gevolg van die Midde-Oosterse oorlog, het die bank rentekoerse in Mei vir die eerste keer in drie jaar verhoog. Dit was met 25-basispunte…
Opposisiepartye staan bankvas in hul verwerping van Gerson Sindano se voorgestelde aanstelling as die volgende voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië. Hulle meen die land kan dit nie bekostig om die bestuur van toekomstige verkiesings in die hande te plaas van iemand wat hulle glo deel was van die verkiesingsmislukkings…
The African Genesis Archery Afrika-kampioenskappe vind van 12 tot 16 Augustus in Botswana plaas. Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe sal ook verteenwoordig wees. Verskeie Namibiese leerlinge sal deelneem aan die kompetisie en daar is 'n fondsinsameling in die vorm van 'n sokkie vir jongmense. Heidi Louw, die WHS-verteenwoordiger van boogskiet, het…
Motoriste het die nuus verwelkom dat die prys van petrol Vrydag met 1 Namibiese dollar per liter en diesel met 4 dollar per liter sal daal, met baie wat die verlaging as 'n broodnodige verligting, veral vir landbou, beskryf. Sommige mense voer egter aan dat die verlaging selfs groter moes…
Tydens Woensdag se brandstofprysaankondiging deur energieminister Modestus Amutse, het vrae ontstaan oor die brandstofverskaffingooreenkoms met Vitol wat in September eindig. Vitol het 'n eksklusiewe noodkontrak van drie maande gekry om grootmaatbrandstof te verskaf. Die waarde kan tot 7,5 miljard Namibiese dollar bereik. Amutse het vrae daaroor beantwoord, asook oor die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.