
Amutse sê oorVitol-kontrak wat 1 Julie ingetree het
Loading player...
Tydens Woensdag se brandstofprysaankondiging deur energieminister Modestus Amutse, het vrae ontstaan oor die brandstofverskaffingooreenkoms met Vitol wat in September eindig. Vitol het 'n eksklusiewe noodkontrak van drie maande gekry om grootmaatbrandstof te verskaf. Die waarde kan tot 7,5 miljard Namibiese dollar bereik. Amutse het vrae daaroor beantwoord, asook oor die pad vorentoe ná September.

