Gee ANC nog 'n kans, pleit Ramaphosa

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het kiesers gevra om die ANC nog ’n kans te gee om te regeer. Hy het Saterdag ’n ANC-verkiesingsaamtrek in Polokwane, Limpopo, toegespreek in die aanloop tot Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing. Ramaphosa het die party se prioriteite uiteengesit, waaronder werkskepping, die opgradering van water- en elektrisiteitsinfrastruktuur en die bekamping van misdaad, insluitend geslagsgebaseerde geweld en korrupsie. Hy het beklemtoon dat die ANC oor die nodige ervaring en vermoë beskik om sy beloftes oor dienslewering na te kom.
1 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reuse-storting sluit Kopfontein-grenspos

Die Grensbestuursowerheid het alle bedrywighede by die Kopfontein-grenspos wat Suid-Afrika en Botswana verbind, tydelik opgeskort. Dit volg na ʼn reuse-storting. Hy sê dit raak die woonbuurt naby die grenspos, en ook die grenspos se bedrywighede. Geen besonderhede oor die tipe storting is bekendgemaak nie. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi,…
1 Nov 2AM 1 min

Steeds tussen 50 tot 70 leerders per klas, sê IPC

Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het die onderwysministerie uitgedaag om ten volle rekenskap te gee van sy begroting tydens die debat oor die middeltermyn-begrotingshersiening in die parlement. Sy eis 'n duidelike uiteensetting van onderwyseraanstellings en streekskoste vir klaskamerbou, en wys op die volgehoue oorbevolking van 50 tot 70 leerders…
1 Nov 1AM 1 min

Wêreldvoedseldag: Span inheemse kennis, ervaring van Namibiese boere in

Die adjunk-landbouminister, Ruthy Masake, sê innovasie in landbou moet voortbou op die inheemse kennis en ervaring van Namibiese boere. Tydens Wêreldvoedseldag het Masake beklemtoon dat tradisionele boerderykennis met moderne wetenskap en tegnologie gekombineer moet word, om praktiese, bekostigbare en volhoubare oplossings te ontwikkel wat geskik is vir die land se…
1 Nov 12AM 1 min

Watersport: Enjins brul op Oanob

Die enjins brul vandag op die Oanobdam brul wanneer nege spoedvrate die Lake Oanob Grand Prix-reeks aanpak. Francois Lottering van Kosmos 94.1 is daar en het met Gerhard van Geen van Suid-Afrika gesels, wat die beampte vir die dag is.
31 Oct 6AM 1 min

Aksieplan vir vennootskap tussen Rusland en Afrika

Die derde Rusland-Afrika-beraad het die Aksieplan van die Rusland-Afrika-vennootskapsforum vir 2027 tot 2029 aanvaar. Dit sal as raamwerk vir die implementering van samewerking oor die volgende drie jaar dien. Die beraad was bygewoon deur verteenwoordigers van 50 Afrika-lande en leiers van die vasteland se streeksintegrasie-organisasies. Kosmos 94.1 Nuus het met…
31 Oct 6AM 1 min