Rentekoers-bewegings onduidelik weens Iran-oorlog

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank gaan sy risiko-scenario hersien weens die konflik in die Midde-Ooste, die hoër olieprys en die stand van die rand. Dit kan 'n invloed op die bank se monetêre beleid vir die res van die jaar hê. Die bank besluit op 26 Maart wat die nuwe rentekoers gaan wees, terwyl die Bank van Namibië op 22 April sy nuwe repokoers aankondig. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoe dié besluite kan ontvou:
9 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

G'n genade vir xenofobiese aanvallers in SA, sê polisieministerie

Die ministerie van polisie het onlangse xenofobiese aanvalle en intimidasie van Ghanese en ander buitelandse burgers in Suid-Afrika, sterk veroordeel. Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê die dade is onwettig en druis in teen die land se grondwetlike waardes van waardigheid en menseregte. Die woordvoerder van die ministerie,…
25 Apr 4AM 1 min

Regering werskaf met noodvoedsel in Zambezi

Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula sê pogings is aangewend om te verseker dat die noodhulpvoedsel van die Kantoor van die Eerste Minister vloedgeteisterde gemeenskappe in afgeleë gebiede bereik. Dit is te midde van kommer dat die vervoer van sakke rys, kookolie en ingemaakte vis 'n uitdaging is in afgesnyde gemeenskappe wat erg…
25 Apr 4AM 1 min

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min