Die Namibiese Landbou-unie soek nominasies vir sy jaarlikse toekennings. Tanja Dahl die woordvoerder doen 'n beroep lede om hul benoemings vir die volgende kategorieë in te dien: Boervrou van die Jaar, Media Persoonlikheid van die Jaar, Gemeenskapsprojek van die Jaar en die AgriSter.
Die onderwysministerie sê geen leerder in die Erongo-streek wag nog om in 'n skool geplaas te word nie, te midde van die tydelike opskorting van nuwe inskrywings by openbare laerskole in Swakopmund en Walvisbaai vir die 2027 akademiese jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die waarnemende streeksdirekteur van onderwys, Helena…
'n Nabetragting van Suid-Afrika se protesoptogte Dinsdag teen onwettige migrante toon die land het na raming 600 miljoen Suid-Afrikaanse rand in 'n enkele dag aan veiligheidsoperasies bestee, terwyl die onderliggende kwessies wat die betogings aangevuur het, steeds onopgelos is. Kosmos 94.1 Nuus het met Afrika-kenner, dr. Charles Sinkala, gesels, wat…
Namfisa het sy Statistiese Bulletin vir die eerste kwartaal van 2026 vrygestel wat toon dat die land se nie-bank finansiële sektor teen die einde van Maart 1 220 aktiewe entiteite gehad het. Die verslag sê 58,7 persent van hierdie entiteite het ten volle aan regulatoriese vereistes voldoen, terwyl 5,1 persent…
Die Padvragvereniging sê hy is bekommerd oor die March and March-beweging se planne om tot die munisipale verkiesing elke Donderdag teen onwettige immigrante te betoog. Die organisasie eis dat onwettige buitelanders Suid-Afrika verlaat en dat die regering beter grensbeheer toepas. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê die land…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.