
SA-padvragvereniging het kommer oor weeklikse migrasie-optogte
Loading player...
Die Padvragvereniging sê hy is bekommerd oor die March and March-beweging se planne om tot die munisipale verkiesing elke Donderdag teen onwettige immigrante te betoog. Die organisasie eis dat onwettige buitelanders Suid-Afrika verlaat en dat die regering beter grensbeheer toepas. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê die land hoef nie afstootlik vir alle toekomstige groei- en beleggingsvooruitsigte te word nie:

