MTC het al die intellektuele eiendom geassosieer met die Namibiese jaarlikse musiektoekennings, of Nama-toekennings, aan die kultuurministerie oorhandig. Volgens MTC is die handelsmerk van die Nama-toekennings meer as 400 miljoen Namibiese dollar werd. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndakalako Shilongo, kommunikasiebeampte van MTC gepraat.
Vervoerminister Veikko Nekundi sê die regering het planne verwerp om tolhekke op paaie in te stel. Daar was volgens hom, 'n studie in 2021 gedoen en dit het tussen 21 en 23 tolhekke landwyd in die vooruitsig gestel, met 'n geprojekteerde jaarlikse inkomste van tussen 500 miljoen en 750 miljoen…
Namibië se ekonomie het in die eerste kwartaal sy agtiende opeenvolgende kwartaal van positiewe groei sedert die tweede kwartaal van 2021 aangeteken, sê die Bank van Namibië in sy jongste kwartaalverslag. Die ekonomie het met 2 persent gegroei, nadat groei in die laaste kwartaal van 2025 slegs 0,1 persent beloop…
Lede van die Khomas Ratepayers and Residents Association het 'n suksesvolle vergadering met die raadslede van die Stad Windhoek gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se voorsitter, Shaun Gariseb gepraat, wat sê hulle het baie kwessies bespreek, insluitend die stad se faktureringstelsel, skuldverligting vir pensioenarisse, grondtoekenning, informele nedersettings…
Die waarnemende kommissaris van die Grensbestuursowerheid, David Chilembe, sê meer as 35 000 mense is deur die Beitbridge-grenspos in Limpopo gerepatrieer sedert die regering nuwe migrasiemaatreëls ingestel het. Hy sê die grenspos verwerk deportasies, vrywillige repatriasies en normale oorgrensreise. Die tussenministeriële komitee oor migrasie gaan repatriasiesentrums besoek om bedrywighede te…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.