
Nee, tolhekke is nie op pad nie
Loading player...
Vervoerminister Veikko Nekundi sê die regering het planne verwerp om tolhekke op paaie in te stel. Daar was volgens hom, 'n studie in 2021 gedoen en dit het tussen 21 en 23 tolhekke landwyd in die vooruitsig gestel, met 'n geprojekteerde jaarlikse inkomste van tussen 500 miljoen en 750 miljoen Namibiese dollar. Nekundi sê dis laat vaar.

