Reis deur Efesiërs - Deel 1 (01 Februarie 2026)

Loading player...
PREDIKER: Nadia Muller
TEKS: Efesiërs

Vir die volgende ruk gaan ons saam uit die boek Efesiërs preek en nadink. Hierdie Sondag se erediens is ’n inleidende diens waarin ons kyk na die struktuur van Efesiërs, asook die skrywer en eerste lesers van die brief.

Ons staan ook stil by belangrike temas soos:
•⁠ ⁠Wie God vir Paulus is in Efesiërs
•⁠ ⁠Wat ons leer oor verlossing, eenheid en heiligheid
•⁠ ⁠Efesiërs se antwoord op die vraag: Wie is die kerk, en hoekom is ons hier?

Efesiërs is ’n boek waaruit baie van ons een of twee bekende verse kan aanhaal, maar die krag van Efesiërs lê juis in die geheel.

(Ons sal deurlopend verwys na die boek van Tom Wright, The Vision of Ephesians: The Task of the Church and the Glory of God.)
1 Feb Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 18 (16 Augustus 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 4:14–16 TEMA: Hoe behoort “groei” in ons gemeente te lyk? Paulus help ons in hierdie teksgedeelte om te onderskei wat nodig is vir ’n gemeente om werklik te groei. Ons wil immers al hoe meer ’n “small working model of God’s new creation” wees. Maar…
16 Aug 38 min

Reis deur Efesiërs - Deel 17 (09 Augustus 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 4:7-13 TEMA: Eenheid is nie eendersheid nie! Ons reis verder deur Efesiërs 4 – ’n hoofstuk wat ons herinner dat God ons nie roep om almal dieselfde te wees nie, maar om saam as een liggaam te leef en te groei. God se genade is…
16 Aug 43 min

Reis deur Efesiërs - Deel 16 (02 Augustus 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEMA: Waardig aan jou roeping TEKS: Efesiërs 4:1–6 Paulus begin nie met ’n gebod nie, maar met ’n smeking: “Ek dan, die gevangene in die Here, vermaan julle om waardig te wandel…” en dan praat hy oor eenheid! Eenheid is nie iets wat óns skep nie; dit…
16 Aug 31 min

Reis deur Efesiërs - Deel 15 (21 Junie 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 3:16-19 TEMA: God se krag het ’n baie spesifieke bestemming… Ons hanteer baie keer God se werk in ons lewe soos ’n noodkragopwekker. Ons bid vir krag wanneer ons swaarkry, en wanneer die krag kom en die swaarkry verby is, ontkoppel ons weer die kragopwekker…
16 Aug 37 min

Reis deur Efesiërs - Deel 13 (07 Junie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 3:1–13 TEMA: Die Verrassende God! Waarom sit Paulus eintlik in die tronk? Was dit omdat hy iets verkeerd gedoen het – of omdat hy presies gedoen het waarvoor God hom geroep het? Kom ontdek saam die verrassende geheim wat God aan Paulus geopenbaar het. ’n…
16 Aug 36 min