
Nama-owerheid doen eie studies oor Shark-eiland
Loading player...
Forensic Architecture, 'n niewinsgewende navorsingsagentskap, het in 2024 gesê dat hulle plekke van teregstellings, dwangarbeid, gevangenisstraf en seksuele geweld opgespoor het wat op Shark-eiland tussen 1905 en 1907 plaasgevind het. Die eiland is deur Duitsland as 'n konsentrasiekamp tydens die volksmoord gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Maboss Ortmann, 'n lid van die Nama Tradisionele Owerheid, oor die uitbreiding van die hawe wat die eiland in gedrang bring. Hy sê hulle eie ondersoek was nodig.

