
Nuwe Atoomenergie-raad ingehuldig
Loading player...
Gesondheidminister Esperance Luvindao het vandag die sesde Atoomenergie-raad in die hoofstad ingehuldig. Die raad het onder andere die belangrike taak om die land se stratetegiese kernkragplan te implementeer. Die lede van die raad sluit in voorsitter Shitaleni Herman, omgewingskommisaris Timotheus Mufeti, Petrina Nghidengwa, Natasja Cupido, John Titus en Colin Namalambo. Esperance het die sleutelrede gelewer.

