Kommer oor bestuurspraktyke by SAL

Loading player...
Die DA het kommer uitgespreek oor die stand van bestuur by die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die ouditeur-generaal het verlede week gewaarsku die staatslugredery kan binne die volgende 12 maande gesluit word as sy toenemende finansiële en bedryfsprobleme nie hanteer word nie. Die redery het tussen 2018 en 2024 38-miljard Suid-Afrikaanse rand van die fiskus ontvang. Chris Hunsinger van die DA sê hy het aan vervoerminister Barbara Creecy geskryf en eis ʼn onmiddellike, onafhanklike forensiese oudit van SAL se finansies:
29 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Weermagkomitee plaas Hegseth onder erge druk

Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth het onder druk gekom om Washington se strategie vir die VSA-Israel-oorlog teen Iran uiteen te sit en beweer dat kritici daarvan 'n groter bedreiging vir Amerika as Iran inhou. Hy het voor die Huis van Verteenwoordigers se Weermagkomitee verskyn om wetgewers te probeer oortuig om 'n…
29 Apr 11PM 1 min

Nuwe Atoomenergie-raad ingehuldig

Gesondheidminister Esperance Luvindao het vandag die sesde Atoomenergie-raad in die hoofstad ingehuldig. Die raad het onder andere die belangrike taak om die land se stratetegiese kernkragplan te implementeer. Die lede van die raad sluit in voorsitter Shitaleni Herman, omgewingskommisaris Timotheus Mufeti, Petrina Nghidengwa, Natasja Cupido, John Titus en Colin Namalambo…
29 Apr 11AM 1 min

Sakeliga juig oor BKS-hofuitspraak

Sakeliga verwelkom gister se uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat streng sperdatums stel vir die regering se bek-en-klouseer-entstofplan. Anton Meijer van die organisasie sê die uitspraak versterk boere se regsuitdaging en plaas druk op die regering om privaat entstofmaatreëls toe te laat en siektebeheer dringend te verbeter:
29 Apr 11AM 1 min

Nuwe kubersekuriteit-riglyne bekendgestel

Die inligtingministerie het amptelik nuwe opgedateerde Nasionale Riglyne vir die Bestuur van Kubersekuriteitsvoorvalle bekendgestel. Die riglyne, beskikbaar op die webwerf van die Namibiese Kubersekuriteitsvoorvalreaksiespan, NAM-CSIRT, bied 'n strategiese raamwerk om kubervoorvalle op te spoor, daarop te reageer en daarvan te herstel. Cornelia Shipindo, die waarnemende uitvoerende hoof van NAM-CSIRT, sê…
29 Apr 10AM 1 min