NNN sal besoek aan Rusland vanjaar aflê

Loading player...
Die internasionale betrekkinge en handel-minister, Selma Ashipala-Musavyi, het in Moskou aangekondig dat president Netumbu Nandi-Ndaitwah vanjaar Rusland sal besoek, Die minister is op 'n driedaagse besoek aan Rusland op uitnodiging van daardie land se buitelandse sake-minister, Sergei Lavrov, om ekonomiese en ander samewerking tussen die twee lande te verdiep.
14 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Groenland kan op die EU staatmaak – Von der Leyen

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê slegs Denemarke en Groenland kan oor Groenland se toekoms besluit. Dit volg nadat president Donald Trump van Amerika sy dreigement om die selfregerende Deense gebied te beset, herhaal het. Hy het ook nie die gebruik van militêre mag uitgesluit nie…
15 Jan 12AM 1 min

DA verwelkom Steenhuisen se stappe rakende BKS

Die DA verwelkom die optrede van die minister van Landbou, John Steenhuisen, om bek-en-klouseer te bestry. Die party ondersteun Steenhuisen se oproep vir 'n nasionale ramptoestand om meer hulpbronne te verkry en dierebewegings beter te beheer. Die doelwit is om infeksies in hoërisiko-provinsies binne 'n jaar met 70-persent te verminder…
15 Jan 12AM 1 min

Gobabis moorde dui op groter uitdagings

Die Gobabis-gemeenskap is steeds in rep en roer van die onlangse dubbele moord op 'n 26-jarige vrou en haar driejarige dogter deur 'n 13-jarige seun. Gemeenskapslede het hul kommer uitgespreek oor die toenemende misdaad in die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapslid Lehana Nel gepraat wat sê wanneer kinders…
15 Jan 12AM 1 min

Namibië moet fyn balans handhaaf met Russiese verhouding

Namibië se buitelandse beleidsbalans kom hierdie week skerp in fokus terwyl die minister van internasionale betrekkinge en handel, Selma Ashipala-Musavyi, Moskou besoek vir hoëvlak-gesprekke wat daarop gemik is om politieke, ekonomiese en menslike bande met Rusland te versterk. Voormalige ambassadeur Pius Dunaiski sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die tydsberekening…
14 Jan 11PM 1 min

Savanna se beleggingsvennoot is ook sy oorsese bemarker

Die uitvoerende hoof van Savanna Beef, Ian Collard het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die hupstoot van 'n bykomende 40 miljoen Namibiese dollar in private ekwiteitsbefondsing, wat sy totale private ekwiteitsfinansiering op 290 miljoen Namibiese dollar te staan bring. Dit volg op die voltooiing van die abattoir en die…
14 Jan 11PM 1 min