Die Gobabis-gemeenskap is steeds in rep en roer van die onlangse dubbele moord op 'n 26-jarige vrou en haar driejarige dogter deur 'n 13-jarige seun. Gemeenskapslede het hul kommer uitgespreek oor die toenemende misdaad in die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapslid Lehana Nel gepraat wat sê wanneer kinders…
Namibië se buitelandse beleidsbalans kom hierdie week skerp in fokus terwyl die minister van internasionale betrekkinge en handel, Selma Ashipala-Musavyi, Moskou besoek vir hoëvlak-gesprekke wat daarop gemik is om politieke, ekonomiese en menslike bande met Rusland te versterk. Voormalige ambassadeur Pius Dunaiski sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die tydsberekening…
Die uitvoerende hoof van Savanna Beef, Ian Collard het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die hupstoot van 'n bykomende 40 miljoen Namibiese dollar in private ekwiteitsbefondsing, wat sy totale private ekwiteitsfinansiering op 290 miljoen Namibiese dollar te staan bring. Dit volg op die voltooiing van die abattoir en die…
Die internasionale betrekkinge en handel-minister, Selma Ashipala-Musavyi, het in Moskou aangekondig dat president Netumbu Nandi-Ndaitwah vanjaar Rusland sal besoek, Die minister is op 'n driedaagse besoek aan Rusland op uitnodiging van daardie land se buitelandse sake-minister, Sergei Lavrov, om ekonomiese en ander samewerking tussen die twee lande te verdiep.
KPMG het die Europese Unie se besluit verwelkom om Suid-Afrika van 29 Januarie van sy lys van hoë-risiko-lande te verwyder. Die stap volg na Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys in Oktober. Frank Blackmore van KPMG het aan Newzroom Afrika gesê die besluit sal handels-, betalings- en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.