SA kan ook nie Lenacapavir bekostig nie

Loading player...
Nes ons eie gesondheidsminister sê haar Suid-Afrikaanse eweknie, Aaron Motsoaledi, Suid-Afrika kan tans nie bekostig om duur Lenacapavir te koop en te versprei nie. Lenacapavir is 'n revolusionêre, langwerkende inspuitbare middel wat ses maande se beskerming bied met slegs twee dosisse per jaar. Motsoaledi sê Suid-Afrika kry meer as driekwart van die LEN-dosisse wat die Globale Fonds aan nege lande skenk. Dit is egter steeds veel minder as wat nodig is om 'n voldoende duik in nuwe MIV-infeksies te maak:
2 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Johannesburg se waterkrisis kan met sy skuld opgelos word

Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd oor die waterkrisis in die Stad Johannesburg en die metro se voortslepende versuim om agterstallige munisipale skuld in te vorder. Onbetaalde munisipale rekeninge in Johannesburg beloop tans 71-miljard Suid-Afrikaanse rand. ʼn Aansienlike deel hiervan is in gebiede soos Soweto, waar die maandelikse invorderingskoers…
20 Feb 2AM 1 min

Vredesraad sal saam met VN werk

President Donald Trump van Amerika sê sy Vredesraad gaan in die toekoms baie nou saam met die Verenigde Nasies werk. Minstens 20 lande wat deur hul staatshoofde of ministers van Buitelandse Sake en afgesante verteenwoordig is, het die eerste Vredesberaad onder Trump se voorsitterskap in Washington bygewoon. Talle bondgenote, insluitend…
20 Feb 2AM 1 min

Cran wil 2G, 3G uitfaseer

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, het 'n ambisieuse vierjaarplan aangekondig om 2G- en 3G-netwerke uit te faseer, wat 'n groot verskuiwing na vinniger 4G- en 5G-konnektiwiteit aandui. Die oorgang sal na verwagting beduidende voordele ontsluit, insluitend spektrumherplasing wat operateurs in staat sal stel om bestaande frekwensies te optimaliseer sonder om nuwe lisensies…
20 Feb 1AM 1 min

Madlanga-kommissie: Sibiya ontken korrupsiebewerings

Die geskorste adjunk-nasionale kommissaris van Polisie, Shadrack Sibiya het aan die Madlanga-kommissie in Pretoria gesê hy het nooit enige omkoopgeld van die vermeende misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala ontvang nie. Sibiya sê hy het Matlala verskeie kere ontmoet, maar het volgehou hulle was nie vriende nie en dat hy nooit enige…
20 Feb 1AM 1 min

Andrew is na 11 ure se ondervraging uit aanhouding vrygelaat

Andrew Mountbatten-Windsor is gisteraand uit polisie-aanhouding vrygelaat nadat hy in hegtenis geneem is weens vermoedelike wangedrag in 'n openbare posisie volgens inligting uit die Jeffrey Epstein-lêers. Die Amerikaanse Departement van Justisie het e-posse van die pedofiel-finansier vrygestel wat daarop dui Mountbatten-Windsor het verslae oor amptelike besoeke aan Hong Kong, Viëtnam…
20 Feb 12AM 1 min