
Twintig sterf in motorongelukke sedert Woensdag
Loading player...
Twintig mense het sedert Woensdagaand in motorongelukke in Namibië gesterf: Elf Vrydagoggend in ‘n gru-ongeluk naby Otjiwarongo, een in ‘n ongeluk op die pad tussen Usakos en Karibib dieselfde oggend en agt Woensdagaand in ‘n ongeluk naby Arandis. Die slagoffers in die ongeluk naby Otjiwarongo - waarin ‘n minibus van die gesondheidsministerie ‘n koedoe getref het, toe in ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n afleweringstrok betrokke was en daarna aan die brand geslaan het – wissel van nege tot 50 jaar. Drie van die oorledenes was mediese personeel. DNS-toetse sal gedoen moet word om die slagoffers te identifiseer. Die uitvoerende hoof van die Motorvoertuigongelukfonds, Rosalia Martins-Hausiku, het haar medelye met naasbestaandes betuig en die situasie as kommerwekkend beskryf.

