Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd oor die waterkrisis in die Stad Johannesburg en die metro se voortslepende versuim om agterstallige munisipale skuld in te vorder. Onbetaalde munisipale rekeninge in Johannesburg beloop tans 71-miljard Suid-Afrikaanse rand. ʼn Aansienlike deel hiervan is in gebiede soos Soweto, waar die maandelikse invorderingskoers…
President Donald Trump van Amerika sê sy Vredesraad gaan in die toekoms baie nou saam met die Verenigde Nasies werk. Minstens 20 lande wat deur hul staatshoofde of ministers van Buitelandse Sake en afgesante verteenwoordig is, het die eerste Vredesberaad onder Trump se voorsitterskap in Washington bygewoon. Talle bondgenote, insluitend…
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, het 'n ambisieuse vierjaarplan aangekondig om 2G- en 3G-netwerke uit te faseer, wat 'n groot verskuiwing na vinniger 4G- en 5G-konnektiwiteit aandui. Die oorgang sal na verwagting beduidende voordele ontsluit, insluitend spektrumherplasing wat operateurs in staat sal stel om bestaande frekwensies te optimaliseer sonder om nuwe lisensies…
Die geskorste adjunk-nasionale kommissaris van Polisie, Shadrack Sibiya het aan die Madlanga-kommissie in Pretoria gesê hy het nooit enige omkoopgeld van die vermeende misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala ontvang nie. Sibiya sê hy het Matlala verskeie kere ontmoet, maar het volgehou hulle was nie vriende nie en dat hy nooit enige…
Andrew Mountbatten-Windsor is gisteraand uit polisie-aanhouding vrygelaat nadat hy in hegtenis geneem is weens vermoedelike wangedrag in 'n openbare posisie volgens inligting uit die Jeffrey Epstein-lêers. Die Amerikaanse Departement van Justisie het e-posse van die pedofiel-finansier vrygestel wat daarop dui Mountbatten-Windsor het verslae oor amptelike besoeke aan Hong Kong, Viëtnam…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.