Kinderdiens - 19 Oktober 2025

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: 2 Timoteus 3:14–17

Paulus herinner ons hoe kosbaar en lewensnoodsaaklik die Woord van God is. Die Bybel is nie net ’n boek vol reëls of stories nie – dit is God se lewende stem wat ons lei, leer en versterk.

Hoe lees jy die Bybel? Net af en toe, of met ’n oop hart om werklik meer van God te leer ken en te groei as mens?

Kom hoor Sondag hoe Paulus ons uitnooi om die Woord met nuwe oë te lees – as bron van krag, wysheid en lewe.
19 Oct 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 2 (08 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:1–2 en 6:21–24 TEMA: Die kerk se roeping Nota: Net voor die preek is Isabella Pollard gedoop. Nadia verwys een of twee keer ook na die doop in die preek. Wanneer daar in die kerk oor roeping gepraat word, dink baie van ons dadelik aan…
8 Feb 24 min

Reis deur Efesiërs - Deel 1 (01 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs Vir die volgende ruk gaan ons saam uit die boek Efesiërs preek en nadink. Hierdie Sondag se erediens is ’n inleidende diens waarin ons kyk na die struktuur van Efesiërs, asook die skrywer en eerste lesers van die brief. Ons staan ook stil by belangrike…
1 Feb 27 min

Kinderdiens - 25 Januarie 2026

Prediker: Nadia Muller Teks: Markus 3:13-19 Tema: Het Jesus ’n bynaam vir jóú? Net soos met Jesus se dissipels, roep Hy elkeen van ons ook op die naam. Hy ken ons en wil ons gebruik. Hy nooi ons om saam met Hom aan tafel te sit – aan die nagmaalstafel…
25 Jan 24 min

Erediens - 18 Januarie 2026

Prediker: DJ Muller Teks: Verskeie Tema: Waardes vir die kerk én die lewe Eenvoud, egtheid, inklusiwiteit en diensbaarheid is ons gemeente se waardes. Dit vind duidelik neerslag in hoe ons gemeente-dinge doen, maar wat as hierdie waardes ook in jou lewe by die huis en werk as rigtinggewers dien? Het…
18 Jan 41 min

Hervormingsdiens - 26 Oktober 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 18:9–14 Op verskillende vlakke is ons as gelowiges geanker in iets wat standvastig is. Ons protestante kerktradisie is byvoorbeeld een so anker. Ons vier vandag onder andere hierdie anker, maar ons gaan ook soek na die grootste anker waarsonder ons vir seker nie kan oorleef…
26 Oct 2025 32 min