NNN pleit vir vreedsame atoomkraggebruik

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens ‘n hoëvlak-vergadering by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesê atoom-energie moet vir vreedsame doeleindes aangewend word. Namibië is een van die drie grootste uraanprodusente ter wêreld en probeer lidmaatskap by die Kernverskaffersgroep te verkry.
27 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Robertson laat gaan oor kommer oor All Blacks se rigting

Die voorsitter van die Nieu-Seelandse Rugbyraad, David Kirk, sê die besluit om paaie te skei met die hoofafrigter, Scott Robertson, was weens kommer oor die All Blacks se rigting en vordering. Sy wenpersentasie van 20 oorwinnings uit 27 wedstryde is heelwat laer as dié van sy voorganger, Steve Hansen. Kirk…
16 Jan 12AM 1 min

VSA kondig sanksies teen Iranse amptenare aan

Die Amerikaanse departement van Finansies het sanksies aangekondig teen verskeie Iranse amptenare wat verantwoordelik is vir die land se dodelike optrede teen anti-regering betogers. Onder hulle is die land se nasionale hoof van veiligheid, Ali Larijani. Die minister van Finansies, Scott Bessent, sê die sanksies is gerig op 18 individue…
16 Jan 12AM 1 min

NamPol het kommer oor skoolslenters

Soos die 2026 akademiese jaar aan die gang kom, maak die polisie alarm oor 'n toename in skoolverwante swendelarye wat ouers en studente teiken. NamPol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die publiek uiters waaksaam moet wees en nie enigiemand betaal om skoolplasings te verseker, of…
16 Jan 12AM 1 min

Goud en silwer trek aandag, breek rekords

Kenners meen goud sal vanjaar 'n belangrike portefeuljeverskansing bly, met die edelmetaal wat na verwagting teen gemiddeld 4 500 Amerikaanse dollar per fynons sal verhandel. Intussen sal silwerpryse tussen 135 Amerikaanse dollar en 309 dollar kan verhandel. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid Afrikaanse ekonoom, Chris Hart gepraat wat sê…
15 Jan 11PM 1 min

MK wil weet oor Aucamp en Steenhuisen en leeubeendere

Die MK-party vra die Valke moet bewerings van korrupsie en onetiese gedrag rakende die kommersiële handel in leeubeendere ondersoek. Die party sê die ministers van Landbou, John Steenhuisen, en Bosbou, Willie Aucamp, en die DA word geïmpliseer, wat ernstige kommer laat ontstaan oor korrupsie, ampsmisbruik en onetiese bestuur. Die MK-woordvoerder,…
15 Jan 11PM 1 min