Inspekteur Serafine Kandjimi, gemeenskapspolisiëringsbeampte in die Erongo-streek, het kommer uitgespreek oor toenemende alkohol- en dwelmmisbruik, geslagsgebaseerde geweld, roekelose bestuur en opportunistiese misdade in die streek. Sy sê dat hierdie uitdagings steeds huishoudings destabiliseer en openbare vrede versteur. Kandjimi het gemeenskapslede versoek om met die polisie saam te werk deur inligting…
Die voormalige minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Dion George, het ná 28-jaar uit die DA bedank. Dit volg nadat DA-leier John Steenhuisen in November versoek het dat hy as minister verwyder word. George het ook bedank as voorsitter van die DA se Federale Finansiële Komitee en as parlementslid. Hy…
Die akademiese jaar het vandeesweek begin en ministers doen hul rondtes by verskeie skole in die land. Die minister van inligting, Emma Theofelus, was onlangs by Swakopmund Primêre Skool en het die leerlinge aangemoedig om weg te bly van aanlyn-afknouery. Sy sê in die digitale era skuil baie leerders agter…
Namibië se liefling atleet Beatrice Masilingi het met die media gepraat oor haar uitdagings rakende gedwonge medikasie om testosteroonvlakke af te bring. Sy drink dit nie meer nie. Haar afrigter Henk Botha het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê die uitdagings, veral vir Beatrice, is baie groot. Hy verduidelik.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.