Gesondheidminister Esperance Luvindao het vandag die sesde Atoomenergie-raad in die hoofstad ingehuldig. Die raad het onder andere die belangrike taak om die land se stratetegiese kernkragplan te implementeer. Die lede van die raad sluit in voorsitter Shitaleni Herman, omgewingskommisaris Timotheus Mufeti, Petrina Nghidengwa, Natasja Cupido, John Titus en Colin Namalambo…
Sakeliga verwelkom gister se uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat streng sperdatums stel vir die regering se bek-en-klouseer-entstofplan. Anton Meijer van die organisasie sê die uitspraak versterk boere se regsuitdaging en plaas druk op die regering om privaat entstofmaatreëls toe te laat en siektebeheer dringend te verbeter:
Die inligtingministerie het amptelik nuwe opgedateerde Nasionale Riglyne vir die Bestuur van Kubersekuriteitsvoorvalle bekendgestel. Die riglyne, beskikbaar op die webwerf van die Namibiese Kubersekuriteitsvoorvalreaksiespan, NAM-CSIRT, bied 'n strategiese raamwerk om kubervoorvalle op te spoor, daarop te reageer en daarvan te herstel. Cornelia Shipindo, die waarnemende uitvoerende hoof van NAM-CSIRT, sê…
Kommer is in die parlement uitgespreek oor die vertraagde implementering van die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers van 2017. Die wet is daarop gemik om individue te beskerm wat wangedrag of korrupsie in beide die openbare en private sektore aanmeld, magtig die skep van 'n Fluitjieblasersbeskermingskantoor en verbied vergelding…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.