Dion George bedank uit DA, beskuldig Steenhuisen

Loading player...
Die voormalige minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Dion George, het ná 28-jaar uit die DA bedank. Dit volg nadat DA-leier John Steenhuisen in November versoek het dat hy as minister verwyder word. George het ook bedank as voorsitter van die DA se Federale Finansiële Komitee en as parlementslid. Hy beskuldig Steenhuisen dat hy die party in gedrang bring, sy parlementêre stem onderdruk en hom by die ANC skaar:
15 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA staatsdiensvakbond juig oor 10 000 meer arbeidsinspekteurs

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die regering se besluit om nog tien-duisend arbeidsinspekteurs in Suid-Afrika aan te stel. Die doel is om die toepassing van arbeidswette te verbeter en veiliger, regverdiger werksomstandighede vir alle werkers te verseker. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naicker, sê hulle spreek lankal kommer uit oor voortslepende personeeltekorte…
17 Feb 7AM 1 min

Trump se hantering van Oekraïne skandelik: Hillary Clinton

Die voormalige Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, sê die Donald Trump-administrasie se hantering van Oekraïne is skandelik, asook die versuim om Westerse bondgenootskappe te handhaaf. Trump het onlangs die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, daarvan beskuldig dat hy pogings vertraag om die oorlog met Rusland te beëindig. Clinton sê…
17 Feb 7AM 1 min

BKS in Tuinroete bevestig

Die Wes-Kaapse regering wag steeds op die uitslag van toetse wat vir bek-en-klouseer gedoen is. Die monsters is onlangs op ʼn plaas in die Tuinroete-distrik geneem. Die munisipaliteit se woordvoerder, Herman Pieters, sê beeste met moontlike simptome is aan die westekant van George opgemerk waarna monsters geneem en na ʼn…
17 Feb 5AM 1 min

Guterres bepleit billikheid tydens Ramadan

Miljoene Moslems begin vandag met Ramadan, een van die heiligste tye vir die geloof. Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres vra dat in die verdeelde tye, moet die wêreld ag slaan op Ramadan se blywende boodskap om gapings te oorbrug, hulp en hoop te bied aan diegene wat ly en…
17 Feb 5AM 1 min

Privaatsektor moet op vaardighede fokus

Vaardigheidsoordrag in Namibië is onder die loep, na 'n vierdejaar natuur- en wildbewaringstudent gesê het die koste van internskappe, wat nodig is om te gradueer, plaaslike studente verhoed om die beroep te betree. Privaat- en nie-regeringsorganisasies in die bedryf bied internskappe aan vir Namibiese studente, maar dikwels teen meer as…
17 Feb 5AM 1 min