Nie alle Namibiërs vry, sê Nahas

--:--
Cassingadag word jaarliks op 4 Mei herdenk. Dit is die datum waarop meer as 600 mense, insluitend vroue en kinders, deur Suid-Afrikaanse magte vermoor is by 'n Namibiese vlugteling-transito-nedersetting in Cassinga, in die suide van Angola. Vanjaar herdenk Namibië 47 jaar sedert die slagting in 1978, onder nuwe president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Swapo-strydros Nahas Angula, wat sê die land se vryheid word nie deur al sy burgers geniet nie.
4 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goeie vooruitsigte vir groei in privaatsektor kredietverlening

Die jaarlikse groei in privaatsektor kredietverlening in April was 4,5 persent, effe laer as die 5 persent wat in Maart aangeteken is, maar aansienlik hoër as die 1,6 persent in April 2024. Besighede bly die hoofbydraers met groei van 7,1 persent op ‘n jaargrondslag, terwyl huishoudelike kredietgroei effens gedaal het…
4 Jun 9AM 1 min

KI 'gaan toekomstige oorloë oorheers'

Die voormalige Amerikaanse ambassadeur by Navo, Kay Bailey Hutchison, sê kunsmatige intelligensie sal oorlog in die toekoms oorheers. Besteding op verdediging, veral binne Navo, is op die Europese en Britse agenda. Bailey Hutchison het met Sky News gepraat.
4 Jun 9AM 1 min

MK-party se Shivambu 'nederig' om in parlement te dien

Floyd Shivambu van die MK-party het belowe om sy nuwe rol in die Parlement te gebruik om die party voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing en die algemene verkiesing in 2029 te versterk. Sy herontplooiing volg na 'n dissiplinêre besluit oor 'n ongemagtigde reis na Malawi, waar hy die voortvlugtige…
4 Jun 8AM 1 min

Banyana Banyana fokus op Afrika-beker vir Vroue

Sokker: Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê hulle fokus nou op voorbereidings vir die Afrika-beker vir Vroue wat volgende maand in Marokko gespeel word. Suid-Afrika is as kampioene van die Drienasies-reeks gekroon nadat hulle Zambië met 2-0 in die Lucas Moripe-stadion in Pretoria verslaan het. Banyana het die…
4 Jun 8AM 1 min

Reëlings op dreef vir olie- en gaskonferensie later vanjaar

Windhoek skud sy vere reg vir die derde olie- en gaskonferensie wat tussen 12 en 15 Augustus sal plaasvind. Die konferensie is die week bekendgestel, en tydens 'n paneelbespreking is vrae gestel oor hoe Namibiërs baat sal vind by die ontluikende olie- en gasbedryf, Shakwa Nyambe, besturende vennoot by SNC…
4 Jun 6AM 1 min