Banyana Banyana fokus op Afrika-beker vir Vroue

--:--
Sokker: Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê hulle fokus nou op voorbereidings vir die Afrika-beker vir Vroue wat volgende maand in Marokko gespeel word. Suid-Afrika is as kampioene van die Drienasies-reeks gekroon nadat hulle Zambië met 2-0 in die Lucas Moripe-stadion in Pretoria verslaan het. Banyana het die toernooi onoorwonne afgesluit en vyf doele aangeteken terwyl hulle slegs twee afgestaan het. Ellis sê hulle het met WAFCON in gedagte, verskillende kombinasies in die toernooi getoets:
4 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NV gevra om oor Brics-aansluiting te besluit

Die Swapo-parlementslid Tobie Aupindi het die parlement versoek om te besluit of Namibië by BRICS moet aansluit. Aupindi sê dat Brics-lidmaatskap ekonomiese groei sal bevorder, beleggings sal lok en internasionale samewerking sal verbeter. Hy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
30 Oct 11AM 1 min

Adjunkministers onnodig, sê ActionSA

ActionSA sê sy voorgestelde grondwetlike wysiging om adjunkministers af te skaf, is weer in die parlement geldig bewys. Matthew George van die party sê tydens die parlementêre ad hoc-komitee se sitting Dinsdag het die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, erken dat geen verantwoordelikhede aan hom jaar toegeken is nie en…
30 Oct 11AM 1 min

NamPost maak toelaag-betalings se datums bekend

NamPost het kennis gegee dat geen maatskaplike toelaes voor 3 November betaal sal word nie, want dit is wanneer die betalingsiklus begin. Die maatskappy het ook die datums bekendgestel wanneer betalings gemaak sal word. Begunstigdes kan al die datums op die NamPost sosiale media blaaie kry. Kosmos 94.1 Nuus het…
30 Oct 10AM 1 min