MK-party se Shivambu 'nederig' om in parlement te dien

--:--
Floyd Shivambu van die MK-party het belowe om sy nuwe rol in die Parlement te gebruik om die party voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing en die algemene verkiesing in 2029 te versterk. Sy herontplooiing volg na 'n dissiplinêre besluit oor 'n ongemagtigde reis na Malawi, waar hy die voortvlugtige Shepherd Bushiri se kerk in April besoek het. Dit volg na berigte van groeiende spanning tussen hom en voormalige president Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla. Shivambu sê die verantwoordelikheid van sy nuwe rol stem hom nederig:
4 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reën op pad, kan druiwe-oes knou

Nuus oor reën wat op pad is, is altyd goed, maar as jy 'n liefhebber van wyn is, mag jy dalk begin dink daar's 'n krisis op pad! Die onafhanklike meteoroloog, Johan van den Berg, sê wydverspreide reën word rondom 6 en 12 November verwag. Dit bring hoop vir weivelde,…
6 Nov 9AM 1 min

LPM-kandidaat sê ECN is partydig; gee nie antwoorde

Die LPM is verbied om aan nege suidelike plaaslike owerhede en ander landwyd deel te neem weens beweerde tegniese probleme met die Verkiesingskommissie se aanlyn-portaal. Geraakte dorpe in die Hardap- en Karas-streke sluit in Aranos, Berseba, Bethanie, Gibeon, Rehoboth, Kalkrand, Lüderitz, Tses en Stampriet. Die party is ook uitgesluit van…
6 Nov 9AM 1 min

Vervoerministerie takel korrupsie, diefstal met digitale stelsel

Die vervoerministerie het 'n nuwe digitale vlootbestuurstelsel onthul wat ontwerp is om korrupsie, diefstal en verkwistende besteding te voorkom. Vervoerminister Veikko Nekundi sê die stelsel sal voertuigonderhoud, bestuurdersgedrag en onderdelebestellings intyds dophou, wat sal help om miljoene te verhaal wat weens swak bestuur en misbruik verlore gegaan het.
6 Nov 9AM 1 min

Hier's die Welwitschias wat België gaan takel

Die Namibië Rugby-unie het sy wedstryddag 23 aangewys wat België Saterdag in Dubai in die laaste Rugbywêreldbeker 2027-kwalifiseertoernooi pak. Direkteur van rugby, Jacques Burger, het vanmiddag tydens 'n perskonferensie die span onthul, gelei deur kaptein Louis van der Westhuizen en onderkaptein Danco Burger.
6 Nov 8AM 1 min

Stadspolisie gee raad oor taxi's na nog 'n roof

'n Man van Windhoek is van 22 000 Namibiese dollar beroof nadat hy in 'n taxi geklim het. Die woordvoerder van die Windhoek Stadspolisie, superintendent Marcelline Murapo, het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en inwoners aangespoor om waaksaam te wees wanneer hulle taxi's gebruik. Sy waarsku dat gevalle…
6 Nov 7AM 1 min