Statebond Sake- en Handelsberaad op pad na Windhoek

Loading player...
Die Statebond Sake- en Handelsberaad sal in die hoofstad vanaf 16 tot 20 Junie gehou word. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi sê die beraad is belangrik vir handel en bilaterale verhoudings binne die Statebond en sal handelsministers van die lande bymekaar bring.
29 Apr 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kamwi sê malaria-uitbreking is 'n skande

Namibië het te kampe met ‘n uitbreking van malaria met meer as 56 000 gevalle wat aangeteken is en meer as 5 000 pasiënte wat gehospitaliseer is. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op Namibiërs gedoen om die gesondheidministerie se riglyne te volg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr…
7 May 3AM 1 min

SA roei asbes- en modderskole uit, maar benodig nog miljarde

Die Departement van Basiese Onderwys sê hy het alle skole wat met modder en asbes gebou is, suksesvol uitgeroei. Minister Siviwe Gwarube het tydens 'n inligtingsessie aan die Parlement se Portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys gesê dit is 'n belangrike mylpaal in die verbetering van omstandighede waaronder onderrig gegee word. Gwarube…
7 May 3AM 1 min

Fel kritiek teenoor blouligmafia in SA

Action Society sê die vryspraak van agt polisiebeamptes van adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingseenheid is ’n ernstige terugslag vir geregtigheid en polisie-aanspreeklikheid. Die beamptes, bekend as die “blouligmafia”, is in Julie 2023 op die N1-snelweg in Johannesburg afgeneem terwyl hulle burgerlikes aangerand het, maar is in ’n interne dissiplinêre verhoor…
7 May 2AM 1 min

Charles en Camilla se skilderye bekend gestel

Portretskilderye van Koning Charles en Koningin Camilla wat gemaak is om hulle kroning in 2023 te gedenk, is onthul. Die twee vollengte skilderye van die koning en koningin is onderskeidelik deur die kunstenaars Peter Kufeld en Paul Benny geskep. Dit sal tot 5 Junie in die Nasionale Gallery te sien…
7 May 2AM 1 min

Kardinale begin vandag stem vir nuwe pous

Kardinale het in die Vatikaanstad bymekaargekom en hulself afgesonder ter voorbereiding vir die verkiesing van ’n nuwe pous ná Franciskus se dood op 21 April. Die kardinaalsvergadering wat vandag in die Sistynse Kapel begin, behels 133 kardinale onder die ouderdom van 80. Kardinaal William Seng Chye Goh van Singapoer sê…
7 May 1AM 1 min