
Lekker, almal kan swot, maar waar sal hulle werk?
--:--
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om fooie by openbare universiteite te skrap, sal na verwagting 'n skerp toename in studentegetalle tot gevolg hê. Ontleders waarsku dat dit bykomende druk op die ekonomie kan plaas indien dit nie deur ooreenstemmende werkskeppingspogings geëwenaar word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging.