
Beroepsgesondheid en -veiligheid is fundamentele reg vir werkers
--:--
Die Vereniging van Staatsamptenare vra werkgewers om hul beleid oor beroepsveiligheid en -gesondheid ter beskerming van werkers te verstewig omdat ongelukke in die werkplek, beroepsiektes en sterftes wêreldwyd 'n uitdaging bly. Die Wêrelddag vir Beroepsveiligheid en -gesondheid, 'n internasionale veldtog om veilige, gesonde en behoorlike werk te bevorder, is Maandag herdenk. Claude Naiker van die vereniging sê beroepsgesondheid en -veiligheid is 'n fundamentele reg van elke werker: