Media wil saak van vermiste joernalis regstreeks uitsaai

--:--
Die Nasionale Persklub en die Afrika-media- en kommunikasieforum sê hulle is geskok en hartseer oor die dood van die Pretoriase joernalis Sibusiso Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Precious Mdhluli. Hulle het in Februarie vermis geraak. Die polisie het Donderdag die oorskot van twee mense by Rust De Winter in Limpopo gevind - vermoedelik van die twee. Vyf verdagtes is in hegtenis geneem. Die waarnemende voorsitter van die persklub, Antoinette Slabbert, sê hulle wil die hofverrigtinge regstreeks uitsaai:
9 May 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sitrus bied groot geleentheid vir boere

Namibië is geskik vir die verbouing van sitrusvrugte en boere gaan regeringsondersteuning ontvang ná gesprekke tussen die Namibiese Akkerbouraad en rolspelers in die bedryf. Die Akkerbouraad beplan om oor vyf jaar 13,5 miljoen dollar te belê om die sitruswaardeketting te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Emilie Abraham, die…
22 May 11PM 1 min

Skieter by Israelse ambassade het alleen gewerk, sê PG

Die Amerikaanse prokureur-generaal, Pam Bondi, sê sover bekend het die verdagte wat gearresteer is in verband met die moord op personeel van die Israelse ambassade, alleen opgetree. Twee personeellede, Sarah Lynn Milgrim en Yaron Lischinsky, is doodgeskiet toe hulle 'n geleentheid by die Capital Jewish Museum in Washington verlaat het…
22 May 11PM 1 min

Brisbane maak reg vir 2032 Olimpiese Spele

Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee het sy vertroue uitgespreek dat die organiseerders op die regte pad is om 2032 se Spele in Brisbane, Australië, aan te bied. Die IOK se aangewese president, Kirsty Coventry, het vandag die derde Brisbane 2032-koördineringsvergadering bygewoon. Die hoof van die plaaslike reëlingskomitee, Andrew Liveris,…
22 May 12PM 1 min

Giwusa sê Cyril het SA se soewereiniteit uitverkoop

Giwusa sê president Cyril Ramaphosa het die nasionale vryheidstryd verraai en gunste gevra by sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, wat volgens die vakbond ʼn rassistiese imperialis is. Ramaphosa en Trump het gister in die Withuis vergader om verhoudinge tussen die twee lande te herstel. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê…
22 May 12PM 1 min