Presidentskantoor se begroting-toewysing in NV

--:--
Die begroting word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Die wetsontwerp is nou in die komiteefase. Al die verskeie stemme en ontwikkelingsprojekte van die sektore word uiteengesit. Tydens vanoggend se sessie het die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, die toewysing aan die presidentskantoor voorgelees. Die kantoor het meer befondsing ontvang as gevolg van drie nuwe direktorate - olie en gas, gemarginaliseerde gemeenskappe en gestremdheidsake.
25 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zondo twyfel oor Parlement se teenkorrupsie-maatreëls

Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, het twyfel uitgespreek oor die Parlement se instel van teenkorrupsie-maatreëls ná die aanbevelings van die staatskapingskommissie. Zondo het tydens die 15de Statebond-streekkonferensie vir hoofde van teenkorrupsie-agentskappe in Afrika gevra of die Parlement hervormings ingestel het om toekomstige korrupsie te voorkom. Hy het die behoefte aan…
9 May 6AM 1 min

Pous Leo XIV se broers gesels met die media

Die verkiesing van Robert Prevost as pous Leo XIV oorheers veral die Amerikaanse nuustoneel omdat hy die eerste Amerikaner is om die amp te beklee. Sy broers het met die media gepraat. Sy broer John sê hy het hom gevra of hy Conclave gekyk het om te weet hoe hy…
9 May 6AM 1 min

O&L skaf twee nuwe vliegtuie aan

Die Ohlthaver & List groep het twee nuwe vliegtuie by sy vloot gevoeg om toegang tot sy luukse ontspanningsbestemmings regoor die land te versterk. Die nuwe toevoegings, 'n King Air B350 en 'n Cirrus SR22, sal by die groep se Cirrus SR22 en Beechcraft 1900 aansluit. Die King Air B350…
9 May 6AM 1 min

BoN se leenstrategie bekend gestel

Die sentrale bank van Namibië het hulle leenstrategie vrygestel. Namibië se leningsvereistes staan op 29,8 miljard Namibiese dollar. Die begrotingstekorte sal volgens verwagtinge vergroot na 12,8 miljard dollar na 'n verwagte 9,8 miljard dollar in die 2024/25 begrotingsjaar. Volgens 'n Cirrus verslag sal plaaslike en internasionale skuld 'n las op…
9 May 6AM 1 min