O&L skaf twee nuwe vliegtuie aan

--:--
Die Ohlthaver & List groep het twee nuwe vliegtuie by sy vloot gevoeg om toegang tot sy luukse ontspanningsbestemmings regoor die land te versterk. Die nuwe toevoegings, 'n King Air B350 en 'n Cirrus SR22, sal by die groep se Cirrus SR22 en Beechcraft 1900 aansluit. Die King Air B350 is ideaal vir middelgrootte groepe van tot agt passasiers, terwyl die Cirrus SR22 op private reise gemik is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die groep se uitvoerende voorsitter, Sven Thieme, wat sê die nuwe toevoegings is in pas met O&L se Visie 2029.
9 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheidministerie stel belangrike strategië bekend

Die gesondheidministerie stel vandag die Nasionale Strategie vir Reproduktiewe, Moederlike, Pasgeborene-, Adolessente Gesondheid en Voeding amptelik bekend. Dit gaan ook die Driejaarlikse Verslag oor die Vertroulike Ondersoek na Moedersterftes, Stilgeboortes en Neonatale Sterftes vir die tydperk 2021 tot 2024 terselftertyd bekendstel. Lynminister Esperance Luvindao gaan die verrigtinge waarneem. Kosmos 94.1…
9 Oct 8AM 1 min

Getuienis bewys hoe ANC die staat gebruik het: COPE

COPE sê hy steun die onthullings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, oor hoe die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Misdaadintelligensie vir politieke gewin gebruik is. Hy het getuig voor die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van misdadige insypeling en politieke inmenging in die polisie ondersoek. COPE se waarnemende nasionale voorsitter,…
9 Oct 8AM 1 min

Namibia moet bek-en-klou sukses bewaar: NLU-president

Namibië se uitvoerstatus is 'n seldsame Afrika-sukses en dit moet beskerm word. Dit was die boodskap van die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, wat aan boere by die NLU-kongres in Windhoek gesê het dat die land goeie vordering maak om bek-en-klouseer in toom, en uit te hou.
9 Oct 8AM 1 min

Dwelmmuil op Kaapstad-lughawe onderskep

'n Dwelmmuil en koerier is Woensdag by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. 'n Polisiewoordvoerder, Zinzi Hani, sê die Valke se Narkotika-buro en ander wetstoepassingsagentskappe het op intelligensie gereageer en 'n 35-jarige man onderskep toe hy van Doha, Katar, aangekom het. Sy sê die man het 5,1-kilogram van vermoedelik…
9 Oct 8AM 1 min

Starmer verwelkom eerste fase van Gaza-vredesplan

Die Britse premier Keir Starmer sê hy verwelkom die aanvaarding van die eerste fase van die Gaza-vredesplan deur Hamas en Israel. Dit baan die weg vir die vrylating van die gyselaars en Palestynse gevangenes. Hy het die partye wat betrokke was, bedank.
9 Oct 6AM 1 min