Tariewe: Trump sê almal smeek by hom, en hy weet hoe om te onderhandel

--:--
President Donald Trump van Amerika hou vol sy wêreldwye tariewe is noodsaaklik vir sy ekonomiese visie en werkskepping. Die tariewe is nou in werking en sluit ʼn tarief van 104-persent vir China in, asook heffings op sowat 60 lande wêreldwyd wat Amerika die grootste oortreders noem. Die heffings op hierdie lande wissel van elf- tot 50-persent. Trump het by ʼn geleentheid van die Nasionale Republikeinse Kongreskomitee gesê meer as 50 lande het die Withuis genader en gesmeek om oor laer tariewe te onderhandel:
9 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Huldeblyke vir Philander

Huldeblyke stroom in vir die bekende dramaturg, akteur en kulturele aktivis Freddie Philander. Die 76-jarige is aan hartversaking oor die naweek oorlede. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië gepraat, wat as joernalis werksaam was en Philander deur sy joernalistiek en Namibiese kuns goed…
12 May 6AM 1 min

Ekonoom sê oor brandstofprys met olie wat klim

Sal die styging van die Brent-olieprys die brandstofprys beïnvloed? Dit kom, onder andere, na die kommoditeit herstel het na die aankondiging van ‘n 90-dag ooreenkoms rakende tariewe tussen die VSA en China. Cirrus-ekonoom Robert McGregor sê terwyl dit nog vroeg in die maand is, is olie steeds baie laer as…
12 May 6AM 1 min

Bitcoin klim weer (en steeds)

Die prys van Bitcoin styg sedert 6 Mei en staan tans net bo 105 000 Amerikaanse dollar, rondom 1,9 miljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Nikolai Tjongarero van EasySats gepraat wat meer inligting gee oor die moontlike redes vir die styging.
12 May 6AM 1 min

Air Namibia: 'First call-back' is in hulle afleggingskontrakte

AR-parlementslid Vaino Hangula het vervoerminister Veikko Nekundi gevra om voormalige Air Namibia-werknemers te betrek by die stigting van die nuwe nasionale lugdiens, wat teen Desember 2026 beplan word. Hangula, self 'n voormalige Air Namibia werknemer, beklemtoon dat hulle unieke vaardighede het en eis dat hulle eerste oorweeg word vir werk…
12 May 5AM 1 min

Vergeet van Brittanje, Soweto sal my altyd verwelkom - Malema

Die EFF-leier Julius Malema sê hy is nie skaam dat sy visum vir die Verenigde Koninkryk verlede week geweier is nie. Hy sou by die Cambridge-universiteit se Africa Together-konferensie praat. Die Britse Hoëkommissariaat in Suid-Afrika sê Malema se visum kon weens bankvakansiedae in Brittanje nie afgehandel word nie. Malema het…
12 May 5AM 1 min