Vergeet van Brittanje, Soweto sal my altyd verwelkom - Malema

Loading player...
Die EFF-leier Julius Malema sê hy is nie skaam dat sy visum vir die Verenigde Koninkryk verlede week geweier is nie. Hy sou by die Cambridge-universiteit se Africa Together-konferensie praat. Die Britse Hoëkommissariaat in Suid-Afrika sê Malema se visum kon weens bankvakansiedae in Brittanje nie afgehandel word nie. Malema het gister inwoners in Soweto se Wyk 24 toegespreek voor Woensdag se tussenverkiesing en sê Soweto sal hom altyd verwelkom:
12 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA-soldate in DRK more oor toelae

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die onduidelikheid uitgeklaar oor die toelaestruktuur vir troepe wat op buitelandse sendings ontplooi is. Dit volg op berigte dat die weermagsoldate wat as deel van die sending van Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in die DRK ontplooi is, na bewering slegs 34 000 rand per maand ontvang het…
22 May 2AM 1 min

Sokker: Mamelodi Sundowns, Pyramids in CAF-eindstryd

Mamelodi Sundowns en Pyramids van Egipte speel Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar in die eerste wedstryd van die CAF-Kampioeneliga-eindstryd. Sundowns, wat pas sy agtste agtereenvolgende Premierliga-kroon ingepalm het, mik na sy tweede Afrika-titel. Pyramids, wat in sy eerste eindstryd speel, kom voor 'n ervare Sundowns-span te staan…
22 May 2AM 1 min

Nanso wil skoolkinders help beskerm

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ‘n veldtog van stapel gestuur om die veiligheid van kinders by skole te verseker en geslagsgebaseerde geweld landwyd te takel. Dit volg ná ‘n vlaag moorde en aanvalle onlangs op leerders op Okahandja. Die veldtog, onder die vaandel #ProtectingTheNamibianChild, begin môre amptelik op dié…
22 May 2AM 1 min

Hoop vir Musk se Starlink-drome

President Cyril Ramaphosa sê die moontlikheid dat Elon Musk se Starlink na Suid-Afrika kom, is nie Woensdag tydens die ontmoeting met president Donald Trump van Amerika bespreek nie. Die regering beplan om wette oor plaaslike swart eienaarskap te omseil sodat die Starlink-internetdiens in die land gebruik kan word. Ramaphosa het…
22 May 2AM 1 min

Gobabis reg vir NLU se Agribraai

Die jaarlikse Agribraai van die Namibiese Landbou-unie begin môre op Gobabis, met 12 boereverenigings en sewe sosiale spanne wat dinge vir mekaar gaan warm maak. Die Kalahari-Oos Boerevereniging, verlede jaar se braaikampioene, is vanjaar die gasheer. Die fokus van die naweek is om jong boere te ondersteun en te inspireer…
22 May 1AM 1 min