Diversifiseer, doen sake in Afrika, vra handelminister

--:--
Midde internasionale konsternasie ná die instelling van Amerikaanse president Donald Trump se invoertariewe, sê Namibië se nuwe minister van handel, Selma Ashipala-Musavyi, die land moet sake diversifiseer en sy voetspoor op die handelslandskap van Afrika vergroot waar dit kan meeding. Fokusareas moet landbou en mynbou insluit, asook hernubare energie en logistiek: 
3 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kernkrag is nie 'n goeie opsie vir Namibië nie

Plaaslike media berig dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah wil hê die land moet sy eie kernkragstasie oprig. In haar mening moet die ryk uraanbronne bydra tot ontwikkeling en energiesekuriteit. Dit is nie die eerste keer wat die beroep gedoen is nie en Kosmos 94.1 Nuus het reeds al met die kenner…
14 Apr 4AM 1 min

Ondersoek na George-gebou is 65% voltooi

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die SAPD se ondersoek na die ineenstorting van 'n George-gebou is 65 persent voltooi. Winde het met die provinsiale Polisiekommissaris, Thembisile Patekile, vergader oor die vordering met die ondersoek. Die ineenstorting van die onvoltooide gebou in Mei verlede jaar het 34 werkers se dood…
14 Apr 4AM 1 min

Karas-streeksraad distansieer hom van Amupanda se aantygings

Streekraadslede en Josef Isaack, die voorsitter van die Karas-streeksraad, het hulle gedistansieer van bewerings deur die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda dat 3 miljoen Namibiese dollar verduister is met die bou van die streeksraad se kantoor op Keetmanshoop. Amupanda het die bewering in die parlement gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met…
14 Apr 3AM 1 min

Marquez vat Katar Grand Prix

Die sesmalige MotoGP-wêreldkampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsry-kampioenskap vergroot nadat hy die Katar Grand Prix gewen het. Die Ducati-ryer het met Maverick Vinales van Red Bull KTM Tech3, en Franco Morbidelli van VR46 Racing afgereken. Die Suid-Afrikaner Brad Binder het 13de geëindig op sy Red Bull KTM…
14 Apr 3AM 1 min

Een party kan nie dooiepunt oor BTW oplos nie

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle sal hierdie week ʼn ooreenkoms uitwerk met al die partye wat saamstem om die begrotingdooiepunt te verbreek. Die ANC het met alle partye binne en buite die regering van nasionale eenheid beraadslaag om ʼn oplossing vir die dooiepunt te vind. Die BTW-verhoging…
14 Apr 2AM 1 min