DA gaan hof toe oor goedkeuring van begroting

--:--
Die DA sê hy sal vandag stukke by die Wes-Kaapse Hooggeregshof indien om onder meer die Parlement se goedkeuring van die 2025/2026 nasionale begroting te betwis. Die begroting is goedgekeur met 194 stemme teenoor 182 stemme. Willie Aucamp van die DA sê hulle het die voorstelle van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, insluitend die BTW-verhoging teengestaan. Hy sê hulle het onderhandel vir wysigings wat ekonomiese groei en werkskepping sou verseker, want dit is wat Suid-Afrika nodig het.
3 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Massabetoging teen moorde môre op Okahandja

‘n Massabetoging teen onlangse kindermoorde op Okahandja word môreoggend op die dorp beplan. Die burgemeester van die dorp, Beatrice Kotungondo, het Saterdag teruggekrabbel oor ‘n protesaksie wat sy aanvanklik weens die toerisme- en handelsekspo op Okahandja afgekeur het en gesê dit was ‘n misverstand. Die gemeenskap eis nou dat die…
27 Apr 6AM 1 min

Goeie vooruitsig vir slagpryse

Die jongste vleispryse is deur AMT is bekengemaak. Johan Teessen, landbou-ekonoom by AMT, het die slagpryse uiteengesit, met verwysing na Namibië en Suid Afrika.
27 Apr 5AM 1 min

Miljoene vir nuwe spesiale skool op Kamanjab

Die sooispitseremonie vir ‘n skool wat voorsiening maak vir kinders met ‘n verskeidenheid van gestremdhede, het Saterdag op Kamanjab plaasgevind. Konstruksie aan dié skool van 34 miljoen Namibiese dollar, sal vanjaar begin. Dit sal 500 kinders kan huisves en sal klaskamers en ‘n koshuis insluit. Onderwysminister Sanet Steenkamp het tydens…
27 Apr 4AM 1 min

Tanzanië hef invoerverbod op SA-produkte op

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het Tanzanië se besluit om sy invoerverbod op Suid-Afrikaanse landbouprodukte op te hef, met ope arms verwelkom. Die woordvoerder van die ministerie, Chrispin Phiri, sê dié besluit volg op konstruktiewe diplomatieke betrokkenheid tussen die minister en sy eweknie en hy het…
27 Apr 3AM 1 min

'Opveil van viskwotas kortwiek Namibiërs'

Die Konfederasie vir Namibiese Visverenigings het ‘n beroep op die regering gedoen om nie langer viskwotas op te veil nie. Matti Amukwa, voorsitter van die vereniging, het Vrydag tydens die jaarlikse byeenkoms van dié bedryf in Walvisbaai gesê die opveil van kwotas belemmer Namibiërs se deelname in die bedryf. Die…
27 Apr 2AM 1 min