Saamgesmelte onderwysministerie moet inspring en werk

--:--
Die span van die nuwe, saamgesmelte ministerie van onderwys, wat nou ook jeug, sport, hoër onderwys en innovering insluit, het net vyf jaar om Swapo se manifes en Namibië se sesde nasionale ontwikkelingsplan te implementeer. NDP6 is nog nie amptelik vrygestel nie. Minister Sanet Steenkamp sê kruisfunksionele samewerking is nodig om kundigheid uit verskillende velde saam te bring om geïntegreerde strategieë en innoverende oplossings te vind.
3 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderwysminister verduidelik 'infrastruktuur' beteken 'heining'

Die verkrygingswetsontwerp word tans in die Nasionale Vergadering bespreek, terwyl parlementslede ook vrae kan vra. Die drie moorde op Okahandja van jong meisies is ook opgehaal, omdat die twee jongste slagoffers by die KW von Marees Gekombineerde Skool ingeskryf was. Die AR-parlementslid George Kambala het onderwysminister Sanet Steenkamp gevra of…
28 Apr 10AM 1 min

Hoekom so lank om Hengari te ontslaan?

Meer inligting is bekend oor die standpunt van die IPC se skadu geslagsminister Lilian Lutuhezi oor die aanstelling van oud-landbouminister Mac Hengari. In ‘n verklaring sê sy die skandaal is bewys dat die regering versuim om vroueregte te beskerm. Lilian Lutuhezi Maandag Een
28 Apr 10AM 1 min

Nee, geen verdagtes gearresteer vir Okahandja-moorde

Verslae word aanlyn versprei dat drie verdagtes gearresteer is in verband met die Okahandja-moorde van twee 6-jarige dogtertjies en 'n 15-jarige meisie. Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die inligting verkeerd is, en dat mense net ingeroep is vir ondervraging. Die NamPol streeksbevelvoerder vir Otjozondjupa, kommissaris Phillip Hiidengwa, het met…
28 Apr 9AM 1 min