Die regering sê hy is steeds verbind tot konstruktiewe dialoog met die Verenigde State van Amerika, geanker in wedersydse respek vir soewereiniteit, die oppergesag van die reg, en 'n gedeelde verbintenis tot die versterking van wedersyds voordelige bilaterale vennootskappe. Die woordvoerder van die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin…
Cosatu verwelkom die Werkloosheidsversekeringsfonds se besluit om verligting ter waarde van 387 miljoen rand aan meer as 6 000 poskantoorwerkers te verskaf. Die befondsing sal 75 persent van hul salarisse oor die volgende ses maande dek, terwyl die Suid-Afrikaanse Poskantoor met sy omkeerplan besig is. Matthew Parks van Cosatu sê…
Namibia Wildlife Resorts het aangekondig dat NamLeisure-kaarthouers nou in aanmerking kom vir afslag op kampeerplekke by al hul oorde en kampplekke. Kaarthouers kan uitsien na 40 persent afslag vir Namibiërs, 30 persent vir SADC-inwoners en 10 persent vir internasionale besoekers. Kosmos 94.1 nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gesels.
Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking sê die hervestiging van Suid-Afrikaners in Amerika onder die dekmantel van vlugtelingskap is geheel en al polities gemotiveerd. Amerika het die aansoeke van sogenaamde vlugtelinge uit Suid-Afrika begin verwerk en sal dié Suid-Afrikaners daar begin hervestig. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê…
Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika sê 'n referendum is die beste manier om die grondkwessie op te los. Cotralesa se sekretaris-generaal, Zolani Mkiva, sê hoewel die ANC optrede oor grondhervorming belowe het, glo tradisionele leiers tans die publiek moet besluit. Hy het op 'n gesamentlike inligtingsessie met die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.