Nored het kommer oor foutiewe verbindings, 8 reeds dood

Loading player...
Die uitvoerende hoof van die Elektrisiteitsbeheerraad, Robert Kahimise, het die publiek gemaan om nie van elektrisiëns gebruik te maak wat nie geregistreer is nie. Die afgelope vier jaar is 17 ongelukke aangemeld waarby elektrisiteit betrokke was, en agt mense is dood. Kosmos 94.1 Nuus het net die woordvoerder Simon Lukas gepraat:
28 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenner prys regering oor kuberveiligheid-inisitaief

Reaksie word ontvang op die regering wat 20 miljoen Namibiese dollar belê om die land se kuberveiligheid op te skerp. Dié aanvangskapitaal maak Namibië se Cyber Security Incident-reaksiespan amptelik operasioneel en volg op die Namibiese Regulerende Owerheid van Kommunikasie, Cran, se eerste sessie oor kuberveiligheid die afgelope naweek. Kosmos 94.1…
2 Apr 5AM 1 min

DA kap ActionSA se 'uitverkooptaktiek oor begroting'

Die DA beweer ActionSA het ʼn ooreenkoms met die ANC gesluit om ʼn BTW-verhoging van een-persent oor die volgende twee jaar in te stel. Dit is ten spyte van ActionSA se verklaring dat hy die aanbeveling oor die 0,5-persent-verhoging in die fiskale raamwerkverslag kon verwyder. Willie Aucamp van die DA…
2 Apr 5AM 1 min

SA afvaardiging spreek misverstande by Withuis aan

ʼn Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se direkteur-generaal, Zane Dangor, het onlangs met senior Withuis-amptenare vergader. Die doel was om die land se posisie oor omstrede kwessies soos die Onteieningswet te verduidelik. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê tydens die besprekings is…
2 Apr 4AM 1 min

Ingewikkeldste polshorlosie ooit bekend gestel

Die Switserse horlosiemaker, Vacheron Constantin, se jongste skepping word beskryf as die ingewikkeldste polshorlosie wat nóg gemaak is. Die eenmalige ontwerp, Solaria, is van 18-karaat witgoud gemaak en bevat meer as 200 diamante. Dit bestaan uit 1 521 afsonderlike onderdele terwyl ʼn gewone meganiese horlosie gemiddeld 130 het. Vacheron Constantin…
2 Apr 4AM 1 min

AfriForum soek sanksies teen Malema

AfriForum doen 'n beroep op die internasionale gemeenskap om sankies toe te pas op die leier van die EFF, Julius Malema, vir vermeende menseregteskendings gekoppel aan die Kill the Boer-dreunsang. AfriForum sê Suid-Afrika se howe het misluk om Malema verantwoordbaar te hou. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê AfriForum is besig…
2 Apr 3AM 1 min