
DA kap ActionSA se 'uitverkooptaktiek oor begroting'
--:--
Die DA beweer ActionSA het ʼn ooreenkoms met die ANC gesluit om ʼn BTW-verhoging van een-persent oor die volgende twee jaar in te stel. Dit is ten spyte van ActionSA se verklaring dat hy die aanbeveling oor die 0,5-persent-verhoging in die fiskale raamwerkverslag kon verwyder. Willie Aucamp van die DA sê hulle het geveg en onderhandel vir ʼn begroting wat groei en werk sou skep, die vermorsing in die regering verminder en BTW-verhogings sou stop.