AfriForum soek sanksies teen Malema

--:--
AfriForum doen 'n beroep op die internasionale gemeenskap om sankies toe te pas op die leier van die EFF, Julius Malema, vir vermeende menseregteskendings gekoppel aan die Kill the Boer-dreunsang. AfriForum sê Suid-Afrika se howe het misluk om Malema verantwoordbaar te hou. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê AfriForum is besig met die opstel van 'n dossier oor Malema se vermeende aanhitsing tot geweld, wat aan wêreldregerings voorgelê sal word om druk uit te oefen vir strafmaatreëls.
2 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jong boere by Boere-indaba beplan toekoms

Jong boere uit suidelike Afrika vra dat die vasteland se landbou-landskap hervorm word. Dit kom te midde van president Donald Trump se verhoogde tariewe wat kommer wek oor moontlike ontwrigting in markte. Afgevaardigdes by die Boere-indaba in Pretoria beklemtoon die behoefte aan beleidshervorming, toegang tot grond en fondse om voedselsekerheid…
6 Apr 1AM 1 min

Swartbooi pleit vir eenheid onder opposisie

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het Saterdag tydens die party se vierde nasionale konvensie in Windhoek sy teleurstelling met die nuwe begroting uitspreek. Hy is veral bekommerd oor die lae ontwikkelingsbegroting, wat die drywer van werkskepping behoort te wees. Swartbooi het ook ‘n beroep op opposisiepartye…
6 Apr 12AM 1 min

Itula gaan sukkel om leierskapstempel af te druk

Die president van die Independent Patriots of Change, Panduleni Itula, gaan dit baie moeilik vind om sy leierskapstempel af te druk met dié dat die IPC weier om die rol van die amptelike opposisie in die parlement in te stem, sê kenners. Itula het besluit om eerder ‘n skadukabinet aan…
5 Apr 6AM 1 min

Swakopmund Rally skop seisoen af

Die eerste tydren van die jaar, die gewilde Swakopmund Rally, het vanoggend op Swakopmund begin. Die tydren strek oor sowat 106 kilometer. Francois Lottering is daar en doen verslag:
5 Apr 6AM 1 min

ActionSA wil Lily-mynwerkers se oorskot herwin

ActionSA is gereed om gespesialiseerde mynreddingsmaatskappye uit te nooi om die oorblyfsels van die drie Lily-mynwerkers wat sedert 2016 vasgekeer is, te herwin. ActionSA sal 'n Versoek vir Voorleggings uitreik nadat toegang in Februarie toegestaan is. Party-leier Herman Mashaba sê die stap is gemik om na byna nege jaar, genesing…
5 Apr 5AM 1 min