FNB sê begroting is 'n fyn balans, met voortdurende tekorte

--:--
Reaksie word ontvang op die 2025-26 begroting. Volgens Helena Mboti, ‘n FNB-ekonoom sê die begroting handhaaf ‘n fyn balans vir operasionele doeltreffendheid en ontwikkelingsdoelwitte. Maar, sy voeg by fiskale tekorte sal steeds voortduur.
28 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum soek sanksies teen Malema

AfriForum doen 'n beroep op die internasionale gemeenskap om sankies toe te pas op die leier van die EFF, Julius Malema, vir vermeende menseregteskendings gekoppel aan die Kill the Boer-dreunsang. AfriForum sê Suid-Afrika se howe het misluk om Malema verantwoordbaar te hou. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê AfriForum is besig…
2 Apr 3AM 1 min

Twee Oseane-marathon verwag meer as 30 000 atlete

Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete sal die naweek aan die 54ste Twee Oseane-marathon deelneem. Saterdag se ultra-marathon strek oor 56 kilometer van Nuweland tot by die Universiteit van Kaapstad aan die voet van Tafelberg. Die half-marathon van 21,1 kilometer vind Sondag plaas. Die burgemeesterskomiteelid vir…
2 Apr 3AM 1 min

DRK-gevegte ontwrig handel met Namibië

Onrus in die DRK het handel met Namibië erg ontwrig. Daar is tans geen Namibiese vragmotors by die Kasumbalesa-grenspos nie. Precious Njekwa, distrikskommissaris van die Chililabimbwe-distrik in die DRK, het met die nasionale uitsaaier gepraat, wat sê veiligheid het ná gesprekke met DRK-amptenare verbeter.
2 Apr 2AM 1 min

SA Mediese Vereniging lê alternatiewe NGV-plan voor

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het 'n alternatiewe gesondheidsorg-raamwerk aan die Presidensie voorgelê. Die plan beoog om regverdigheid, doeltreffendheid, en volhoubaarheid in the openbare en die privaat sektor te verbeter. Die plan stel gedesentraliseerde gesondheidsorg-bestuur, die skeiding van befondsing en aankope voor, asook die uitbreiding van mediese skemas om die finansiële…
2 Apr 2AM 1 min

Meer as 25 uur: Langste Senaat-toespraak ooit in Amerika

New Jersey se Demokratiese senator, Cory Booker, het die langste toespraak ooit in die Amerikaanse Senaat gelewer. Hy het 25 ure en vier minute gepraat wat langer is as wyle senator Strom Thurmond se toespraak in 1957 teen die Wet op Burgerregte wat 24 ure en 18 minute geduur het…
2 Apr 1AM 1 min