Twee Oseane-marathon verwag meer as 30 000 atlete

--:--
Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete sal die naweek aan die 54ste Twee Oseane-marathon deelneem. Saterdag se ultra-marathon strek oor 56 kilometer van Nuweland tot by die Universiteit van Kaapstad aan die voet van Tafelberg. Die half-marathon van 21,1 kilometer vind Sondag plaas. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê 89 lande sal verteenwoordig word.
2 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swartbooi pleit vir eenheid onder opposisie

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het Saterdag tydens die party se vierde nasionale konvensie in Windhoek sy teleurstelling met die nuwe begroting uitspreek. Hy is veral bekommerd oor die lae ontwikkelingsbegroting, wat die drywer van werkskepping behoort te wees. Swartbooi het ook ‘n beroep op opposisiepartye…
6 Apr 12AM 1 min

Itula gaan sukkel om leierskapstempel af te druk

Die president van die Independent Patriots of Change, Panduleni Itula, gaan dit baie moeilik vind om sy leierskapstempel af te druk met dié dat die IPC weier om die rol van die amptelike opposisie in die parlement in te stem, sê kenners. Itula het besluit om eerder ‘n skadukabinet aan…
5 Apr 6AM 1 min

Swakopmund Rally skop seisoen af

Die eerste tydren van die jaar, die gewilde Swakopmund Rally, het vanoggend op Swakopmund begin. Die tydren strek oor sowat 106 kilometer. Francois Lottering is daar en doen verslag:
5 Apr 6AM 1 min

ActionSA wil Lily-mynwerkers se oorskot herwin

ActionSA is gereed om gespesialiseerde mynreddingsmaatskappye uit te nooi om die oorblyfsels van die drie Lily-mynwerkers wat sedert 2016 vasgekeer is, te herwin. ActionSA sal 'n Versoek vir Voorleggings uitreik nadat toegang in Februarie toegestaan is. Party-leier Herman Mashaba sê die stap is gemik om na byna nege jaar, genesing…
5 Apr 5AM 1 min

Pad gesluit tussen Rosh Pinah en Oranjemund

Die pad tussen Rosh Pinah and Oranjemund is beskadig en gesluit vir verkeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaieowerheid, gepraat:
5 Apr 4AM 1 min