Moenie laatkom by stembus nie!

--:--
Met net 'n paar uur oor voor die verkiesings môre, verskerp die Verkiesingskommissie van Namibië pogings om te verseker dat burgers gereed is om hul stemme uit te bring. Patrick Britz, die stembeampte vir Rehoboth platteland, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die belangrikheid van stiptelikheid beklemtoon wanneer hulle na stemlokale gaan. Hy het kiesers verseker dat veiligheidsbeamptes teenwoordig sal wees om orde te handhaaf en te verseker dat die stemproses glad verloop. Britz het meer.
26 Nov 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kom werk saam aan Jacques Burger se rugby-visie

Die Namibië Rugby Unie het 'n perskonferensie aangebied met Jacques Burger, die nuut-aangestelde direkteur van rugby. Burger sê een van sy doelwitte is om speler-verhoudinge te verbeter. Een van die vrae was hoe hy nuwe borgskappe sal fasiliteer. Burger vra dat almal inkoop en saamwerk om sukses te behaal.
26 Nov 9AM 1 min

Gaan stem, jongmense, dis vir jul toekoms!

Terwyl die ure na die verkiesings afgetel word, word jong kiesers aangemoedig om oor hul waardes te besin en ingeligte besluite te neem. Hulle moet verskillende inligtingsbronne raadpleeg, verby partylyne kyk en individuele kandidate versigtig oorweeg voordat hulle gaan stem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Nangula Mbako, 'n…
26 Nov 9AM 1 min

Nuwe regering moet plaaslike boubedryf voorop stel

Die Konstruksie Industrie-federasie het op die vooraand van die verkiesings die inkomende regering versoek om plaaslike kontrakteurs te ondersteun, wat noodsaaklik is vir werkskepping en ekonomiese groei. Die federasie beklemtoon dat die sektor se BBP-bydrae van 3,1 persent in 2016 tot 1,4 persent in 2023 gedaal het, en indiensneming wat…
26 Nov 9AM 1 min

Onderhandelinge oor volksmoord-reparasies weer afgeskiet

Die Presidensie het aangekondig dat Namibië en Duitsland gister die laaste rondte van onderhandelinge oor reparasies vir die 1904 tot 1908-volksmoord afgesluit het. In Julie is bekendgemaak dat Duitsland se reparasie-pakket 'n "onbeperkte" 1,1 miljard euro, sowat 21,4 miljard Namibiese dollar insluit, met voorsiening vir bykomende fondse sodra die aanvanklike…
26 Nov 9AM 1 min

Besonderse 'nuwe' Do They Know It's Christmas? uitgereik

Die oorspronklike uitreiking van Do They Know It's Christmas? het 8 miljoen Britse pond vir hongersnoodverligting in 12 maande ingesamel, terwyl die Band Aid Charitable Trust tot op hede byna 150 miljoen pond ingesamel het. Die hermengde weergawe is ​​Maandag uitgereik, presies 40 jaar na die eerste opname by Sarm…
26 Nov 8AM 1 min