Besonderse 'nuwe' Do They Know It's Christmas? uitgereik

--:--
Die oorspronklike uitreiking van Do They Know It's Christmas? het 8 miljoen Britse pond vir hongersnoodverligting in 12 maande ingesamel, terwyl die Band Aid Charitable Trust tot op hede byna 150 miljoen pond ingesamel het. Die hermengde weergawe is ​​Maandag uitgereik, presies 40 jaar na die eerste opname by Sarm Studios in Notting Hill in Londen. In die ateljee is dieselfde masjienleer-tegnologie gebruik as wat The Beatles op verlede jaar se Now And Then gebruik het om stemme uit drie verskillende opnames van die liedjie te onttrek. Dit beteken dat jy almal van Sinead O'Connor en Rita Ora tot Boy George en The Darkness kan hoor optree asof hulle saam in die ateljee is. Sir Bob Geldoff, wat Band Aid gestig het, vertel meer.
26 Nov 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Die deler is so goed as die steler, sê Omaheke-polisie

Die polisie in die Omaheke-streek sê daar is 'n kommerwekkende toename in misdade wat voertuigbykomstighede teiken, veral wiele. Tussen September en November is 10 gevalle van sulke diefstalle aangemeld, wat tot verskeie arrestasies gelei het. Misdadigers gebruik universele moere om voertuigwiele te steel. Dit stel hulle in staat om die…
26 Nov 11AM 1 min

SAPS behaal sukses met GBV-sake

Die polisie se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings het die afgelope jaar beduidende sukses behaal in die stryd teen die euwel van geslagsgeweld en vrouemoord. Die eenheid is verantwoordelik vir die voorkoming, bekamping en ondersoek van geweld teen vroue en kinders. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê van…
26 Nov 11AM 1 min

Diegene wat ontsnaptes help, ook skuldig: NamPol

Verlede week het tien verhoorafwagtende Namibiese en Angolese mans uit die Onandjaba-polisie in die Omusati-streek se aanhoudingselle ontsnap. Niemand is nog her-arresteer nie en die polisie se soektog na die ontsnaptes duur voort. Die mans het vermoedlik ontsnap na hulle 'n gat in die dak van die fasiliteit se eetsaal…
26 Nov 10AM 1 min

Lamola sê onafhanklike Palestina nodig vir vrede

Suid-Afrika se internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, het die land se verbintenis tot geregtigheid, vrede en selfregering vir Palestyne bevestig. Hy het deelgeneem aan die Verenigde Nasies se 47ste Internasionale Dag van Solidariteit met die Palestynse mense. Lamola sê ʼn tweestaat-oplossing is die enigste manier waarop Israel in vrede met die…
26 Nov 10AM 1 min

Kom werk saam aan Jacques Burger se rugby-visie

Die Namibië Rugby Unie het 'n perskonferensie aangebied met Jacques Burger, die nuut-aangestelde direkteur van rugby. Burger sê een van sy doelwitte is om speler-verhoudinge te verbeter. Een van die vrae was hoe hy nuwe borgskappe sal fasiliteer. Burger vra dat almal inkoop en saamwerk om sukses te behaal.
26 Nov 9AM 1 min