Kom werk saam aan Jacques Burger se rugby-visie

--:--
Die Namibië Rugby Unie het 'n perskonferensie aangebied met Jacques Burger, die nuut-aangestelde direkteur van rugby. Burger sê een van sy doelwitte is om speler-verhoudinge te verbeter. Een van die vrae was hoe hy nuwe borgskappe sal fasiliteer. Burger vra dat almal inkoop en saamwerk om sukses te behaal.
26 Nov 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Die deler is so goed as die steler, sê Omaheke-polisie

Die polisie in die Omaheke-streek sê daar is 'n kommerwekkende toename in misdade wat voertuigbykomstighede teiken, veral wiele. Tussen September en November is 10 gevalle van sulke diefstalle aangemeld, wat tot verskeie arrestasies gelei het. Misdadigers gebruik universele moere om voertuigwiele te steel. Dit stel hulle in staat om die…
26 Nov 11AM 1 min

SAPS behaal sukses met GBV-sake

Die polisie se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings het die afgelope jaar beduidende sukses behaal in die stryd teen die euwel van geslagsgeweld en vrouemoord. Die eenheid is verantwoordelik vir die voorkoming, bekamping en ondersoek van geweld teen vroue en kinders. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê van…
26 Nov 11AM 1 min

Diegene wat ontsnaptes help, ook skuldig: NamPol

Verlede week het tien verhoorafwagtende Namibiese en Angolese mans uit die Onandjaba-polisie in die Omusati-streek se aanhoudingselle ontsnap. Niemand is nog her-arresteer nie en die polisie se soektog na die ontsnaptes duur voort. Die mans het vermoedlik ontsnap na hulle 'n gat in die dak van die fasiliteit se eetsaal…
26 Nov 10AM 1 min

Lamola sê onafhanklike Palestina nodig vir vrede

Suid-Afrika se internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, het die land se verbintenis tot geregtigheid, vrede en selfregering vir Palestyne bevestig. Hy het deelgeneem aan die Verenigde Nasies se 47ste Internasionale Dag van Solidariteit met die Palestynse mense. Lamola sê ʼn tweestaat-oplossing is die enigste manier waarop Israel in vrede met die…
26 Nov 10AM 1 min

Gaan stem, jongmense, dis vir jul toekoms!

Terwyl die ure na die verkiesings afgetel word, word jong kiesers aangemoedig om oor hul waardes te besin en ingeligte besluite te neem. Hulle moet verskillende inligtingsbronne raadpleeg, verby partylyne kyk en individuele kandidate versigtig oorweeg voordat hulle gaan stem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Nangula Mbako, 'n…
26 Nov 9AM 1 min