Pupkewitz Megabuild weer titelborg van Tour de Windhoek 2025

--:--
Pupkewitz Megabuild het sy volgehoue ​​verbintenis as die titelborg van die Tour de Windhoek 2025 aangekondig. Volgende jaar se byeenkoms sal 'n mylpaal vir Namibiese fietsry wees, met die dameswedren wat akkreditasie van beide die internasionale beheerliggaam, UCI, en die Afrika Fietsry Konfederasie verdien. Dit sal Namibië se eerste geakkrediteerde padren wees. Die Tour de Windhoek 2025 sal van 20 tot 23 Februarie plaasvind, met 'n "grand finale" en prysuitdeling by Pupkewitz Megabuild Lifestyle. Sportminister Agnes Tjongarero het tydens die aankondiging die publiek verseker van die regering se verbintenis tot sport.
Agnes Tjongarero Donderdag
21 Nov 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Pep not twee jaar by Man C

Manchester City se bestuurder, Pep Guardiola het 'n tweejaar-kontrakverlenging onderteken wat beteken hy sal tot 2027 by die klub aanbly. Sy kontrak sou aan die einde van die seisoen verstryk. Die 53-jarige Spanjaard het in 2016 by Manchester City aangesluit en 18 trofeë ingepalm, insluitend ses Premierliga titels. Die kontrakverlenging…
22 Nov 2AM 1 min

Betterbond sê eiendomsmark in SA herstel

BetterBond verwelkom die verlaging van die terugkoopkoers van 25 basispunte tot 7,75-persent. Die hoof van verkope, Bradd Bendall, sê die verlangsaming van inflasie bevorder 'n gunstiger uitleenomgewing deur die neiging van koersverlagings voort te sit. Volgens Bendall bied die besluit verligting vir huiseienaars wat sedert November 2021 gebuk gaan onder…
22 Nov 2AM 1 min

Guterres bepleit substantiewe ooreenkoms in Baku

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het 'n ernstige beroep op leiers en onderhandelaars gedoen om hul verskille opsy te skuif en 'n ooreenkoms oor klimaatfinansiering te bereik. Dit volg te midde van die afsluiting van COP29 vandag in Baku, Aserbeidjan. Onderhandelaars is haaks oor 'n nuwe teiken…
22 Nov 1AM 1 min

Suide-boere het dringend reën nodig

Dit lyk of daar in die volgende vyf dae reën kan uitsak, ook in die uiters droë Suide, volgens weervoorspellers. Niks is egter seker nie, met die weerstelsels wat vinnig verander. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Louisa Campbell, 'n boer en Swakara-produsent van die plaas Lovedale in die Karas-streek,…
22 Nov 1AM 1 min