Betterbond sê eiendomsmark in SA herstel

--:--
BetterBond verwelkom die verlaging van die terugkoopkoers van 25 basispunte tot 7,75-persent. Die hoof van verkope, Bradd Bendall, sê die verlangsaming van inflasie bevorder 'n gunstiger uitleenomgewing deur die neiging van koersverlagings voort te sit. Volgens Bendall bied die besluit verligting vir huiseienaars wat sedert November 2021 gebuk gaan onder stygende verbandkoste. BetterBond berig daar is ʼn verbetering van 30-persent in huisleningsaktiwiteite in Oktober, wat dui op 'n herstel van die eiendomsmark:
22 Nov 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Moenie nou al geld bestee op bestrede NGV nie: AfriForum

AfriForum waarsku die gesondheid-departement teen voortydige besteding aan die instelling van Nasionale Gesondheidsversekering. Die burgerregte-organisasie voer aan stappe soos die opstel van regulasies en die saamstel van bestuurstrukture vir die NGV, moet teruggehou word totdat al die regsgeskille afgehandel is. Woordvoerder Louis Boshoff spreek sy kommer uit oor die gebruik…
22 Nov 8AM 1 min

Kosinflasie daal plaaslik, maar oppas vir globale prys-invloede

In Oktober 2024 het wêreldwye voedselpryse gestyg, met die Voedsel- en Landbou Organisasie se voedselprysindeks wat maand-tot-maand 2 persent gestyg het en 5,49 persent op 'n jaargrondslag. Dit is aangedryf deur 'n styging van 27,25 persent in olies, 'n matige toename in graangewasse en 'n styging van 21,38 persent in…
22 Nov 8AM 1 min

GOOD-party verwelkom lasbriewe teen Netanyahu, 2 ander

Die GOOD-party verwelkom die Internasionale Strafhof se lasbriewe vir inhegtenisneming van die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, die voormalige minister van Verdediging, Yoav Gallant, en die Hamas militêre leier, Mohammed Deif. Die Internasionale Strafhof het die lasbriewe uitgereik en sê daar is redelike gronde om te glo hierdie drie mans…
22 Nov 7AM 1 min

NamPol gereed vir verkiesings

Die Namibiese Polisiemag 'n pers-inligtingsessie in die hoofstad gehou oor die veiligheidsgroepering se gereedheid vir die verkiesings komende Woensdag. Generaal-majoor Elias Mutota, adjunk-inspekteur-generaal vir operasies, het 'n oorsig gegee van die totale aantal polisiebeamptes wat oor die land ontplooi is.
22 Nov 7AM 1 min