Guterres bepleit substantiewe ooreenkoms in Baku
--:--
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het 'n ernstige beroep op leiers en onderhandelaars gedoen om hul verskille opsy te skuif en 'n ooreenkoms oor klimaatfinansiering te bereik. Dit volg te midde van die afsluiting van COP29 vandag in Baku, Aserbeidjan. Onderhandelaars is haaks oor 'n nuwe teiken vir die finansiering van klimaatsveranderingshulp aan lande wat onder natuurrampe deurloop. Guterres waarsku dat die versuim om 'n ooreenkoms te bereik, klimaatsverandering kan versnel: