
Namibië en Algerië wil samewerking uitbrei
Loading player...
Namibië en Algerië het hul verbintenis herbevestig om samewerking op die gebied van handel, energie, landbou en onderwys uit te brei. Dit is tydens die viering van die 72ste herdenking van die Algerynse Revolusie in Windhoek beklemtoon. Adjunkminister van internasionale betrekkinge en handel, Jenelly Matundu, het Algerië se historiese steun tydens Namibië se bevrydingstryd geloof. Sy sê dié historiese bande moet nou ook in sterker ekonomiese samewerking weerspieël word.

