Sterker streek-vennootskappe 'sal Afrika-handel aanhelp'

Loading player...
Suid-Afrikaanse vervoerminister Barbara Creecy sê die land versterk vennootskappe in Afrika om oorgrenshandel vinnig en doeltreffend te maak. Sy het op die Afrika-Handels- en Vervoerkonferensie in Fourways, Johannesburg, daarop gewys dat Afrika se ekonomie 54 000 miljard Suid-Afrikaanse rand werd is, maar slegs 15-persent van handel vind tussen Afrikalande plaas. Creecy sê Suid-Afrika werk saam met sy vennote van die Suider-Afrika-ontwikkelingsgemeenskap om eenstop-grensgeriewe in te stel om vragoperateurs se vertragings te verminder:
16 Nov 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA motorbedryf vind nuwe markte in Afrika

Die ekonoom Duma Gqubule sê Suid-Afrika se motorbedryf vind nuwe markte op die vasteland, met voertuig-uitvoere na Afrika wat verlede jaar met 36,4-persent toegeneem het - van 26 200 tot 35 371 eenhede. Afrika is die bedryf se tweede grootste uitvoerbestemming en verantwoordelik vir motoruitvoere van 49,5-miljard Suid-Afrikaanse rand, hoofsaaklik…
16 Nov 10AM 1 min

Namibië 'moet groen-nywerhede van grond af ontwikkel'

Namibië het ’n unieke geleentheid om homself vir ’n skoner industriële toekoms te posisioneer deur van meet af aan laekoolstofnywerhede te ontwikkel. Die land is gekies om deel te neem aan die Climate Investment Funds se program vir industriële ontkoling, wat toegang tot tot 250 miljoen Amerikaanse dollar aan finansiering…
16 Nov 10AM 1 min

Beleide moet in aksie omgesit word: NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah daag ministers in die streek uit om beleidsverpligtinge in konkrete aksie om te sit. Sy sê sterker samewerking is nodig om georuimtelike tegnologie beter te benut, klimaatsverandering aan te pak en natuurlike hulpbronne doeltreffender te bestuur. Haar boodskap is vanoggend deur landbouminister Inge Zaamwani by die 14de…
16 Nov 9AM 1 min

Moenie Stampriet-akwifeer opoffer vir korttermyn-wins: kenner

Die Economic and Social Justice Trust kritiseer die voorgestelde in situ-loging van uraan in die Stampriet-artesiese bekken en waarsku dat dit die belangrike ondergrondse waterbronne onomkeerbaar kan besoedel. Trustee Herbert Jauch sê water is die grondslag van lewe in ’n droë streek. Hy doen ’n beroep op die regering om…
16 Nov 9AM 1 min